This poem was published in Carapace, in 2002, and selected by Joan Hambidge.



Met my Pa se dood II

Met jou dood kry ék die kaartjies

van vriende en familie-amper-vreemdelinge.
So baie dat ek koeverte vinnig oopskeur en simpatie in stapels wegbêre

Later eers tref dié mooi kaartjie my:
Die Alcantara-brug by Toledo se heilige stad
is in waterkleur oor water opgerig
en die Spaanse son sak op sy liggeel rivier
so sag en werklik
soos jou afwesigheid

Dáár het ons die stad se staptoer voltrek

Jy het geaarsel aan die stad se kant
om die mooiste foto van die brug se toring
vir ewig vas te vang
voor jy, 74-jaar oue man, my huppelend ingehaal het
soos ‘n opgewonde kind
(ons kon nie die bus verpas nie)

En saam is ons die brug oor
wal uit, trappies, heuwels, huis toe



 
My Afrikaans poetry was first published in Nuwe Stemme 2, a Tafelberg publication, in 2001. Click here to see the front and back covers of this title

My Afrikaans poetry also appears on Litnet. Go to www.oulitnet.co.za and search for Elsibe Loubser.

 
I wrote a 20-minute piece called ‘Countdown to suicide’ for a slot called Bedtime stories for big boys and girls, Grahamstown Festival, compiled and produced by Blameless Productions (2007).
Click here to read an extract.